XCLEAR Professional UV-C Manual Del Usuario página 26

Tabla de contenido

Publicidad

Idiomas disponibles
  • ES

Idiomas disponibles

  • ESPAÑOL, página 12
PROFESSIONAL UV-C Ø 110 mm
Lees hierdie instruksies asseblief baie aandagtig alvorens hierdie toestel te installeer.
Waarskuwing: hierdie toestel bevat glas, hanteer versigtig!! Trek die elektriese prop steeds uit die sok
voor enige instandhouding/herstelwerk uitgevoer word!
Werking
Die UV-C toestel verskaf skoon water op 'n doeltreffende en omgewingsvriendelike wyse. Die water word met behulp van
'n pomp deur die UV-C eenheid gevoer. Hier word die water blootgestel aan UV-C bestraling op 'n golflengte van 253,7
nanometer, wat deur 'n spesiale lamp geproduseer word. Hierdie bestraling neutraliseer bakterieë, virusse en ander
primitiewe organismes en verhoed dat hulle voortplant. Vanweë die lengte van die eenheid word die water vir 'n baie
lang tyd aan hierdie bestraling blootgestel. Hierbenewens reflekteer die vlekvryestaal binnekant die UV-C bestraling en
verhoog sodoende die doeltreffendheid met tot 35%. Om optimale resultate te behaal, word die toestel normaalweg 24
uur per dag gebruik gedurende rypvrye periodes.
• UV-C produksie tot 35% hoër weens weerkaatsing
• Vlekvrye staal binnekant
• UV-C Lamp
• Voorsien vars, skoon en helder water
• Ontsmet water op doeltreffende en veilige wyse
• Hou die vorming van skimmel, bakterieë en alge onder beheer
• Beskerm u visse en plante teen siektekieme
• Maak (dammetjie se) water skoon sonder die gebruik van chemikalieë
• Maak u dammetjie se water helder in 14 dae
• Vir swembadgebruik kan die toestel die gebruik van chloor en ander chemikalieë met 80% verminder
• Voorkom chloorreuk en irritasie van vel en oë (rooi oë)
• Beter vir die omgewing in vergelyking met ander ontsmettingsmiddels
Gebruik in dammetjies:
Die UV-C Professional verskaf nie alleen helder water vir dammetjies nie, maar verminder ook die toevoeging van
chemikalieë en medikasie aansienlik. Spesiale medikasie hoef nie so gereeld by die dammetjie se water gevoeg te word
nie, aangesien die toestel enige gevaarlike siektekieme vernietig wat moontlik in die water aanwesig is. Om die beste
resultate te verkry, is dit raadsaam om die UV-C Professional tesame met 'n meganiese/biologiese filter te gebruik.
Gebruik in swembaddens:
Aangesien die UV-C Professional ontwerp is vir hoëdruk gebruik, kan dit tesame met sandfilters en swembadpompe
gebruik word. Weens die hoë doeltreffendheid van die UV-C Professional kan die toevoeging van chemikalieë (in die
besonder chloor) aansienlik verminder word.
Industriële gebruik:
Die UV-C Professional kan gebruik word om proseswater te desinfekteer. UV-C is reeds jare lank 'n erkende ontsmettingsmetode
en word in baie industriële toepassings gebruik om die gevaar van bakterieë en virusse wat steeds in die water aanwesig
is te bekamp.
Veiligheid
- Hierdie toestel produseer skadelike bestraling. Direkte kontak kan skadelik wees vir die oë en vel.
- Moenie die toestel gebruik indien enige onderdele van die toestel (in die besonder die kwartsglas) beskadig is nie.
- Skakel die toestel af wanneer geen water daardeur vloei nie.
- Indien die toestel permanent aan die nettoevoer gekoppel word, moet daar aan die regulasies van die
elektrisiteitsvoorsieningsmaatskappy voldoen word. Indien daar enige twyfel oor die konneksie bestaan, raadpleeg 'n
geregistreerde elektrisiën of die elektrisiteitsvoorsieningsmaatskappy.
- Verwyder die eenheid indien daar 'n gevaar van rypskade bestaan gedurende die wintermaande.
- Moet die toestel nooit in water onderdompel nie.
- Die kabel van hierdie toestel kan nie vervang word nie. In geval van skade aan die kabel, moet die hele toestel vernietig word.
- Die toestel het 'n aardverbinding.
- Die lamp bly ongeveer 10 minute lank warm nadat die toestel afgeskakel is.
Installering van aardverbinding (skets 1)
1 Die kabel (B) moet deur die spanningsontlasklamp (F) getrek word alvorens die spanningsontlasklamp (F) op die
aardingsbout (A) gemonteer word. U doen dit deur die spanningsontlasklamp (F) op 'n afstand van ongeveer 10 cm
vanaf die oog van die aardkabel (B) te plaas.
2 Plaas die oog (H) van die kabel (B) oor die aardingsbout (A) wat aan die omhulsel is vasgemaak.
3 Plaas dan 'n getande waster (C), seskantmoer (D) en die ander getande waster (E) op die oog (H).
4 Maak die spanningsontlasklamp (F) bo-op vas sodat 'n lus met 'n deursnee van 5 cm gevorm word.
5 Ten slotte, plaas die sluitmoer (G) op die aardingsbout (A).
6 Indien die verskeie moere in die korrekte volgorde op die aardingsbout (A) geplaas is, kan dit met 'n nommer 8
oopbeksleutel of ringsleutel vasgeskroef word. Maak seker dat dit nie te styf vasgeskroef word nie aangesien dit die
spanningsontlasklamp kan laat breek. (Die transparante moer wat laaste op die aardingsbout geskroef is, word nie
langer benodig nie en kan weggegooi word.)
Installering van tipe TL55 Watt (skets 2/2a)
Hierdie toestel moet nooit onder die water gedompel word nie. Installeer steeds buite die dammetjie of swembad. Skakel
die toestel af wanneer medikasie toegedien word.
1 Bepaal die gewenste plek vir installering van die toestel. Dit behoort maklik toeganklik te wees vir instandhouding en
demontering. (Maak seker daar is 'n vry ruimte van ongeveer 1 meter om die UV-C toestel.)
2 Monteer die toestel VERTIKAAL in die kring. Gom die PVC pype in die aansluitings (K) met 'n deursnee van 110 mm vas.
Om goeie hegting te verseker, skuur die verbindingsoppervlak van die PVC pyp liggies met skuurpapier alvorens die
gom aan te wend. Gaan steeds die vloei van die stelsel na en maak seker dat daar geen lekkasies is nie.
3 Prop die kragleiding van die UV-C toestel in 'n geaarde elektriese muursok met 'n aardlekstroombreker.
4 Om die toestel in werking te stel, druk die knop (L) op die ballas (sien skets 2a).
5 Die toestel word afgeskakel deur die elektriese prop uit die kragsok te trek (NIE deur die knop te druk nie).
Montering/demontering/instandhouding van tipe TL 55 Watt (skets 2/3/3a)
Ontkoppel steeds die kragtoevoer voor instandhouding of demontering van die toestel. Die toestel moet twee keer per
jaar skoongemaak word. Indien daar oormatige groei van alge en/of 'n kalklaag is, moet die kwartsglaspypie waarin die
gloeilamp sit, skoongemaak word. Die spesiale lamp moet na 8 000 brandure vervang word. Een keer per jaar moet die 8
O-ringe vervang word (2 in die deksel, en 6 in die gloeilamp/glashouer (sien skets 3a). Volledige stelle O-ringe is
beskikbaar by die plek van aankoop van hierdie toestel.
1 Laat die water uit die toestel vloei.
2 Draai die skroefringe (N) aan beide kante van die toestel los, verwyder die deksels van die omhulsel, en verwyder die
wit lampvoete (O).
3 Trek die lamp/glashouer versigtig uit aan die een kant (P). Sodra hierdie onderdeel uit die omhulsel verwyder is, kan
die tweede lamp/glashouer verwyder word. Die glas en lamp kan saam uit die behuising getrek word.
4 Maak die omhulsel en die kwartsglas skoon en vervang die fluoresserende gloeilamp indien nodig.
5 Wanneer die lamp geïnstalleer of vervang word, moet O-ring ghries steeds aan die lamp/glashouers aangewend word.
6 Tydens installering van die lamp en die kwartglas, moet die omhulsel in 'n vertikale posisie geplaas word om die lamp
en kwartglas teen skade te beskerm.
7 Moet dit nooit forseer nie! Wanneer die kwartsglas nie maklik in die houer kan gedruk word nie, probeer weer vanuit
'n vertikale posisie.
ZA

Publicidad

Tabla de contenido
loading

Productos relacionados para XCLEAR Professional UV-C

Este manual también es adecuado para:

Tl55T5 75T5 130T5 40

Tabla de contenido