Indien die omhulsel of die elektriese gedeelte moet vervang word, moet die aardverbinding eers van die omhulsel
ontkoppel word. Lees asseblief "Installering en Demontering" alvorens 'n nuwe omhulsel of elektriese gedeelte
geïnstalleer word. Maak seker dat u die verskeie los onderdele van die aardverbinding goed bewaar. Hulle word nie saam
met 'n nuwe omhulsel of elektriese gedeelte verskaf nie. Indien daar enige twyfel oor die konneksie bestaan, raadpleeg
'n gesertifiseerde elektrisiën.
Installering van tipe T5 75 Watt en tipe T5 130 Watt Amalgaam (skets 4/4a)
Hierdie toestel moet nooit onder die water gedompel word nie. Installeer dit steeds buite die dammetjie of swembad.
Skakel die toestel af wanneer medikasie toegedien word.
1 Bepaal die gewenste plek vir installering van die toestel. Dit behoort maklik toeganklik te wees vir instandhouding en
demontering. (Maak seker daar is 'n vry ruimte van ongeveer 1 meter om die UV-C toestel.)
2 Monteer die toestel VERTIKAAL in die kring. Gom die PVC pype in die aansluitings (K) met 'n deursnee van 110 mm vas.
Om goeie hegting te verseker, skuur die verbindingsoppervlak van die PVC pyp liggies met skuurpapier alvorens die
gom aan te wend. Gaan steeds die vloei van die stelsel na en maak seker dat daar geen lekkasies is nie.
3 Skuif die lamp (Q) versigtig in die kwartsglas (R). Sit die lamp (Q) in die wit lamphouer (S) en draai die skroefdeksel (N)
met die hand vas op die eenheid.
4 Skakel die pomp aan, gaan die vloei deur die stelsel na en maak seker dat dit nie lek nie. Maak ook seker dat die
digtingringe (T) by die skroefdeksel sowel as die kwartsglas in die korrekte posisie geplaas is.
5 Prop die kragprop van die UV-C toestel in 'n geaarde elektriese sok met 'n aardlekstroombreker.
6 Die toestel word afgeskakel deur die prop uit die elektriese sok te trek.
Montering/demontering/instandhouding van tipe T5 75 Watt en T5 130 Watt Amalgaam (skets 4)
Ontkoppel steeds die kragtoevoer voor instandhouding of demontering van die toestel. Die toestel moet twee keer per
jaar skoongemaak word. Indien daar oormatige groei van alge en/of 'n kalklaag is, moet die kwartsglaspypie waarin die
gloeilamp sit, skoongemaak word. Die spesiale lamp moet na 9 000 brandure vervang word. Maak die vlekvryestaal
binnekant met 'n sagte borsel skoon.
1 Laat die water uit die toestel vloei.
2 Draai die skroefdeksel (N) met die lamp los van die toestel en vervang die spesiale lamp (Q) indien nodig. Hanteer asb.
versigtig aangesien hierdie onderdele baie breekbaar is.
3 Verwyder die kwartsglas (R) versigtig met 'n groot puntskroewedraaier (sien skets 5). Moet dit nooit forseer nie!!
4 Maak die kwartsglas skoon met 'n geskikte skoonmaakmiddel. Gebruik altyd 'n sagte lap om die glas skoon te maak om
krapmerke te voorkom.
5 Wanneer u die kwartsglas terugplaas in die houer, maak seker dat dit korrek op die digtingringe (T) geplaas is en skuif
die uiteinde van die kwartsglas versigtig in die ontvangsgids (sien skets 4a). Moet dit nooit forseer nie!!
Indien die omhulsel of die elektriese gedeelte moet vervang word, moet die aardverbinding eers van die omhulsel
ontkoppel word. Lees asb. "Installering en Demontering" alvorens 'n nuwe omhulsel of elektriese gedeelte geïnstalleer
word. Maak seker dat u die verskeie onderdele van die aardverbinding goed bewaar. Hulle word nie saam met 'n nuwe
omhulsel of elektriese gedeelte verskaf nie. Indien daar enige twyfel oor die konneksie bestaan, raadpleeg 'n
gesertifiseerde elektrisiën.
Jarelange ondervinding met UV-C apparatuur het ons geleer dat defekte aan UV eenhede in 99% van die gevalle te
wyte is aan slytasie van die aansitter. Defekte aan die ballas self het vrywel nooit voorgekom nie. In geval van twyfel,
raadpleeg 'n spesialis. Oor die algemeen word die aansitter by huis-, tuin- en kombuisbeligting as 'n slytdeel beskou.
Hierdie onderdeel moet na verloop van tyd vervang word, net soos die lamp. Vir die aansitter in UV-C apparatuur geld
'n waarborgperiode van 8 000 uur. U kan self die aansitter van u toestel omruil deur middel van die aansitterstel.
Bestelkodes:
Art. no. 3903775 Aansitterstel T5 40 Watt / 75 Watt
Art. no. 3903776 Aansitterstel T5 Amalgaam
Waarborgvoorwaardes
Die produk word teen fabrieksfoute gewaarborg vir 24 maande vanaf die datum van aankoop. Slytasie of breekskade van
die lamp, die kwartsglas en die aansitter (slegs vir die T5 75 Watt en 130 Watt Amalgaam tipe) word nie deur die
waarborg gedek nie. Waarborgeise kan slegs hanteer word indien die produk gefrankeer teruggestuur word en vergesel
is van 'n geldige bewys van aankoop. Herstellings onder waarborg mag slegs deur die verskaffer uitgevoer word. Ons sal
nie gehoor gee aan waarborgeise wat voortspruit uit inkorrekte installasie of bedryf. Waarborgeise wat veroorsaak word
deur swak instandhouding word ook nie deur die waarborg gedek nie. Die verskaffer is geensins verantwoordelik vir
skade veroorsaak weens inkorrekte gebruik van die produk nie. Die verskaffer kan nie aanspreeklik gehou word vir enige
skade wat voortvloei uit onklaarraking van die toestel nie.
Klagtes wat verband hou met vervoerskade kan slegs aanvaar word indien die skade by aflewering van die goedere deur
die verskepingsagent of poskantoor vasgestel of bevestig is. Slegs dan sal dit moontlik wees om eise in te stel teen die
verskepingsagent of poskantoor.
Tegniese spesifikasies
Professional UV-C
UV-C
UV-C (einde lewensduur)
Inhoud van dammetjie/swembad
Maksimum vloeitempo
Maksimum druk
TL 55 Watt
16,5 Watt
85% (8000 h)
55.000 liter
12.000 l/h
3 bar
T5 75 Watt
25 Watt
80% (9000 h)
70.000 liter
20.000 l/h
3 bar
T5 130 Watt Amalgam
50 Watt
80% (9000 h)
150.000 liter
40.000 l/h
3 bar