Blue Lagoon В200001 Manual Del Usuario página 48

20.000 / 40.000 / 75.000 litres
Tabla de contenido

Publicidad

Idiomas disponibles
  • ES

Idiomas disponibles

  • ESPAÑOL, página 20
Blue Lagoon UV-C Ioniseerder 20.000 - 40.000 - 75.000 ZA
Lees hierdie gebruiksaanwysing aandagtig alvorens hierdie toestel te installeer.
Werking
Die Blue Lagoon UV-C Ioniseerder reinig u swembadwater deur middel van koperelektrolise in kombinasie met UV-C straling. Die Blue
Lagoon UV-C Ioniseerder word ná die swembadfilter op die leidingsisteem geplaas. Die swembadwater stroom deur die omhulsel van die
Blue Lagoon UV-C Ioniseerder. Binne in die omhulsel bevind hom 'n UV-C lamp en 'n kopereenheid, Ioniseerder genaamd. Aan die water wat
deur die omhulsel stroom, skei die kopereenheid 'n bietjie koper af. Hierdie koperione (Cu2+) in die water is positief gelaai en tas die selwand
van bakterieë, virusse en andere primitiewe organismes aan. Deurdat die selwand aangetas is kan die organismes geen voedingstowwe
meer opneem nie en daardeur kan hulle nie vermenigvuldig nie. Hierdie proses van positiewe laai van koper word koperelektrolise genoem.
Die koper in die water werk as 'n disinfekteerbuffer in jou swembad en die resultaat is vergelykbaar met die effek van chloor. Die UV-C lamp
wat hom in die Blue Lagoon UV-C Ioniseerder bevind, genereer UV-C lig. Hierdie UV-C lig het 'n UV-C straling van 253,7 nm golflengte wat
daarvoor sorg dat bakterieë, virusse en andere primitiewe organismes gedood word. Weens die lengte van die toestel word die water ekstra
lank blootgestel aan hierdie hoë dosis straling. Die straling vernietig die DNA van bakterieë, virusse en mikro-organismes. Die 316L
vlekvryestaal binnekant sorg vir ekstra refleksie van die UV-C straling waardeur die doeltreffendheid met tot 35% vergroot word.
Dit het uit 'n ondersoek geblyk dat UV-C lig tot 80% van die swembadwater disinfekteer. Koper disinfekteer tot 20% van die swembadwater.
Mits alle waardes 100% korrek is, maak UV-C in kombinasie met koperelektrolise dit moontlik om te swem sonder chemikalieë. Danksy die
Blue Lagoon UV-C Ioniseerder sal u water op 'n doeltreffende en veilige wyse gedisinfekteer word en behou u 'n uitstekende waterkwaliteit.
Gebruik
Ná installering van die Blue Lagoon UV-C Ioniseerder op u leidingsisteem, skakel die UV-C lamp direk aan wanneer die prop in die elektriese sok
gedruk word. Voordat u die Ioniseerder aanskakel, moet u eers die water toets om vas te stel wat die huidige koperwaarde in u swembad is. Die
ideale koperbalans lê tussen 0,4 en 0,7 dpm. Op die toetsstrokie kan u aflees of die kopergehalte te hoog of te laag is.
U skakel die Ioniseerder aan deur op die "+" knop van die vertoonskerm (V) (sien tekening 2 & 6) te druk. Op die beeldskerm verskyn in rooi die
hoeveelheid van die koper wat afgeskei word. Dit kan 'n getal van "0" tot "99" wees. Wanneer u die ioniseerder op "00" set, skakel die ioniseerder
uit en skei dit geen koper meer af nie. Die eerste posisie van die vertoonskerm om mee te begin is afhanklik van die grootte van die swembad en
die resultaat van die toetsstrokie waarmee u die eerste watertoets uitgevoer het. Indien na die eerste toets die kopergehalte te laag is verhoog u
met die "+" knop die vertoonskerm op byvoorbeeld 30 of hoër. U toets na 'n week opnuut die water en indien die toetsstrokie nog steeds 'n lae
koperwaarde aandui, verhoog u die posisie van die vertoonskerm. Indien die toetsstrokie die korrekte waarde van 0,4 tot 0,7 dpm vertoon, hoef u
niks aan die vertoonskerm te verander nie. Wanneer die koperwaarde te hoog is verlaag u die vertoonskerm na "00" met die "-" knop sodat geen
koper meer aan die water vrygestel word nie. Wanneer u na 'n week opnuut die water toets, sien u aan die resultaat van die toetsstrokie of u die
ioniseerder weer kan aanskakel. Deur steeds te toets en die vertoonskerm hoër of laer te verstel vind u uiteindelik die juiste koperbalans in u
swembad.
Elke 2 weke skakel die Ioniseerder outomaties uit. U sien op die toestel dat die syfers op die vertoonskerm nie meer brand nie. Die UV-C lamp bly
gewoon brand solank dit aan die kragnet gekoppel is. Wanneer die Ioniseerder uitgeskakel is, is u altyd verplig om die water te toets met die
toetsstrokies wat saam met die toestel voorsien word. U skakel die toestel weer aan met die "+" knop. Die posisie waarop die vertoonskerm
ingestel was voor dit outomaties uitgeskakel het, verskyn dan weer op die vertoonskerm. Ná die aanskakel van die ioniseerder kan u die
vertoonskerm nie meer self uitskakel nie. Die vertoonskerm skakel na 14 dae weer outomaties uit. Indien u 'n vergissing begaan het of die
ioniseerder nie wil aanskakel nie, kan u die vertoonskermposisie gewoon op "00" set.
In die eerste gebruiksmaand moet u die swembadwater elke week toets totdat u die gewenste balans bereik het. Na 'n maand kan u die toets
verminder na 1 keer per 2 weke. Die PH waarde kan u ook met die toetsstrokies toets. 'n PH waarde tussen 7.0 – 7.6 is die mees ideale waarde met
koperelektrolise.
Indien u dit wens mag u chloor gebruik, uiteraard kan dit baie laag gedoseer word omdat die Blue Lagoon UV-C Ioniseerder sy disinfekterende
werk reeds doen. Dit is belangrik dat u altyd anorganiese chloor - kalsiumhipochloriet - HTH chloor (korrels, stokkies of pille) gebruik in
kombinasie met 'n ioniseerder. Ander chloorsoorte werk nie in kombinasie met koperelektrolise nie.
48

Publicidad

Tabla de contenido
loading

Este manual también es adecuado para:

В200002В200003

Tabla de contenido