Widex UNI-DEX Manual Del Usuario página 262

Tabla de contenido

Publicidad

wAArskuwings
waarskuwing
• Moenie probeer om die battery self te vervang nie. Kontak u
gehoorsorgkundige.
• Moenie u toestel by u dra wanneer u 'n X-straal laat neem of 'n MRB- of
ander skanderings ondergaan of bestralingsbehandeling ontvang nie en
moet dit nooit in 'n mikrogolfoond sit nie.
• Hou die toestel en sy onderdele en toebehore buite bereik van kinders en
enige iemand anders wat dalk dele van die toestel kan insluk of hulself
andersins met hierdie items kan beseer. Indien ingesluk, kontak dadelik
'n geneesheer.
• Moenie die toestel sonder toestemming op 'n vliegtuig of in hospitale
gebruik nie.
• Moenie die toestel in myne of in ander areas met plofbare gasse gebruik
nie.
• Hierdie toestel word deur 'n eksterne kraglaaier gelaai.
Koppel slegs aan 'n laaier wat met die toestel versoenbaar is.
Die laaier moet 'n lewering van 5V (gelykstroom) en 'n mikro-USB-prop
hê.
Die laaier se toevoerstroomspanning (volt) en die muursok moet
versoenbaar wees met die wisselstroom-muursok in u land.
Die laaier moet die sertifiseringstekens hê wat wys dat dit deur 'n
aanvaarbare veiligheidsagentskap in u land gesertifiseer is.
Gebruik slegs die laaier wat deur die vervaardiger voorsien is, om
veilige en doeltreffende gebruik van u toestel te verseker.
• Wanneer die toestel aan toerusting gekoppel word wat werk met
muurkrag, soos 'n rekenaar, klankbron of soortgelyk, moet daardie
toerusting aan IEC 60065, IEC 60950-1, IEC 60601-1 of ekwivalente
veiligheidstandaarde voldoen.
• Interferensie met aktiewe implantate.
Ter wille van omsigtigheid beveel ons aan dat die riglyne van die
vervaardigers van defibrillators en pasaangeërs gevolg word wat
betref die gebruik van selfone:
260

Publicidad

Tabla de contenido
loading

Tabla de contenido