Pizzas & Ander Veelsydige Deegsoorte.
Metode
1. Plaas al die bestanddele in die broodpan in die volgorde
gelys. Vee alles wat gestort het sorgvuldig af van die
buitekant die pan
2. Plaas die broodpan in die broodkamer en maak die
deksel toe.
3. Druk die menu(opsielys) knoppie om te programmeer
(9) Pizza deeg en druk 'begin'.
4. Verwyder die deeg van die broodpan en volg die instruk-
sies van elke resep.
Pizzadeeg
Deeg
Water: 290ml
Suiker: 1eetlepel
Olyfolie: 2 eetlepels
Gewone brooddeeg:480g (3 koppies)
Sout:1/2 teelepel
Gis: 2 ½ teelepels.
1. Verwyder die voltooide deeg van die broodpan. Smeer
twee pizzabakke. Verhit die oond tot 180˚C
2. Verdeel die deeg in twee helftes. Rol die pizzadeeg uit
om in die twee bakke te pas. Smeer met gunsteling
garnerings en bak vir 20 minute teen 180˚C tot gaar.
Kruie focaccia
Deeg
Water: 330ml
Sout: ½ teelepel
Afgeroomde melkpoeier:1 eetlepel
Suiker: 2 teelepels
Gewone broodmeel:480g(3 koppies)
Gis: 2 ½ teelepels.
Boonste Laag
Olyfolie : 2 eetlepels
Origanum: 1 teelepel
Basiliekruid: 1 eetlepel
1. Verwyder die klaar gemaakte deeg uit die broodpan.
Smeer 'n reghoekige bakplaat goed.
2. Knie die brooddeeg met 'n bietjie ekstra broodmeel tot
dit elasties is en terugspring wanneer dit gedruk word.
Vorm die deeg om in die bakplaat te pas.
3. Bedek en laat rys vir 30 minute. Gebruik jou vingers en
druk klein koppeltekens in die deeg.
4. Borsel die oppervlakte met olie en sprinkel met kruie
en bak in 'n voorverhitte oond vir 30 minute of tot
goudbruin.
Paasbolletjies:
Deeg
Water: 330ml
Margarien: 2 eetlepels
Eier: 1x60g.
Sultanas: ¼ koppie
Neutmuskaat:1/2 ½ teelepel
Sout: ½ teelepel
Bruisuiker: ¼ koppie
Gewone broodmeel:520 g (3 ¼ )
Gis: 2 ½ teelepels.
Kruise
Gewone broodmeel: 80g (1/ 2 koppie)
Water: 80ml
Suiker: 2 teelepels.
Glaseersel: Water: 2 eetlepels
Suiker: 2 eetlepels
Gelatien: 1 teelepel
1. Haal reeds voorbereide deeg uit die broodpan. Voer 'n
bakplaat uit met bakpapier.
2. Knie die deeg op 'n meelbestrooide oppervlak tot die
deeg elasties is weer terugspring as dit gedruk word.
Verdeel die deeg in 12 ewe groot stukke. Vorm elke stuk
in 'n bal. Pak hulle naby mekaar op 'n bakplaat. Bedek
en laat rys vir 30 minute.
3. Kruise: Meng die meel water saam tot 'n gladde
mengsel. Gebruik versierbuisie en maak kruise oor die
gerysde bolletjies.
4. Bak die bolletjies vir 30 minute in 'n voorverhitte oond
teen 180˚C tot goudbruin.
5. GLASEERSELS:Meng die bestanddele in 'n beker.
Mikrogolf vir 2-3 minute. Borsel die mengsel oor die
warm paasbolletjies.Die mengsel is genoeg vir die 12
bolletjies.
Stokbroodjies
Deeg
Water: 240ml
Margarien: 2 Eetlepels
Sout:1/2 teelepel
Suiker: 2 teelepel
BROODverbetering:¾ teelepel
Gewone broodmeel:480g (3 koppies)
Gis: 2 ½ teelepels.
Boonste laag
1 teelepel water,
1 eierwit,
Sesame vel
1. Verwyder die vooraf voorbereide deeg van die broodpan.
Voer 'n bakplaat met bakpapier uit.Verhit die oond tot
180˚C
2. Verdeel die deeg in 30 stukke. Rol elke stuk deeg in 'n
20 cm tou.Plaas hulle 2.5cm uitmekaar op die bakplaat.
3. Bedek en laat die deeg vir 30 minute rys tot hulle pof-
ferig is.