Calzones
Deeg
Water 250ml
Olyfolie:1 eetlepel
Sout: ½ teelepel
Suiker:1 teelepel
Gewone broodmeel: 400g (2 1/ 2 koppies)
Gis: 2 ½ teelepels.
Pestovulsel
Sondroog tamaties: 6
Pesto: 6 eetlepels
Gekerfde Mozzarellakaas: 1 ½ koppie
Sampioenskyfies: 1 koppie
Gekapte spek: ¾ koppie
Sout/peper 1 eier liggies geklits vir borsel na smaak.
1. Verwyder voorbereide deeg van bakpan. Voer bakplaat
uit metbakpapier. Verhit die oond tot 180˚C.
2. Verdeel die deeg in 6 gelyke dele. Rol elke deel in
18cm sirkels op 'n meelbestrooide plankmet 'n koek-
roller. Smeer 'n laag van die pesto op elke sirkel binne 2
cm van die rand af.
3. Plaas kaas,spek, sampioene en tamaties in lae op die
helfte van elke sirkel binne 1 duim van die rand. Strooi
met sout en peper.
4. Vou die deeg oor die vulsel; vou rand en knyp om
goed te seël.Plaas op 'n bakplaat. Borsel met eier. Bak
25-30minute of tot goudbruin.Maak 6.
Kaneelrolletjie
Deeg
Water: 250ml
Margarien: 2eetlepels
Eier: 1x60g
Sout: ½ teelepel
Suiker: 2 eetlepels
Gewone broodmeel: 520g(3 ¼ koppie)
Gis: 2 ½ teelepel.
Vulsel:
Margarien:gesmelt 3eetlepels
Suiker: ½ koppie
Kaneel: 2 eetlepels.
1. Haal voorbereide deeg uit die bakpan.Smeer voer
bakplaat uit met bakpapier 25cm vierkant.
2. Meng suiker en kaneel. Rol deeg uit in 45x22cm
reghoek op meelbestrooide oppervlak. Borsel met
margarien; besprinkel met suiker en kaneel mengsel.
Begin oprol op die kort rand. Knyp om vulsel goed in te
seël. Sny in 2.5cm snye en plaas in pan.
3. Bedek en laat rys vir 1 ¼ uur of tot dubbel hulle grootte.
4. Bedek en plaas in voorverhitte oonden bak vir 30
minute teen 180˚C of tot goudbruin.Drup glans liggies
op rolletjies.Glaseersel:Meng ½ koppie versiersuiker
, ¼ teelepel vanielje geursel en 2 teelepelsmelk dun
genoeg om te drup.
Glaseersel en smere
Knoffelbotter mengsel
¼ koppie margarien of botter, versag 1/8 teelepel knoffel-
poeier.
Kruiekaas en bottermengsel
Meng: ¼ koppie botter of margarien, sag gemaak, 1 eetlepel
Parmesaankaas 1 teelepel vars pietertsielie, ¼ teelepel droë
oreganoblare en'n knippie knoffelsout.
Italiaanse kruiebottermengsel
Meng: ¼ koppie sagte botter of margarien, ½ teelepel
Italiaanse speserye, knippie knoffelsout.
Sjokolade-piesangsmeer
Meng; 1/3 koppie fyn ryp piesang met 1/3 koppie gesmelte
semisoet sjokolade.
Vrugte-roomkaassmeer
Meng: klits op medium spoed tot sag : 250g roomkaas en
meng met sagte ¼ koppie gunsteling vrugtekonfyt.
Ham en Switserse kaassmeer
Meng: 250g roomkaas, meng met 2 sagte eetlepels fyn geka-
pte hamen 1 eelepel gekerfde Switserse kaas, en ½ teelepel
voorbereide mosterd.
Heuning en okkerneutsmeer
Meng: 200g roomkaas, sagte 1 eetlepel gekapte okkerneute.
Kruie-roomkaassmeer
Meng: 200g geklopte roomkaas,1 teelepel vars of droë dille,
1 klein knoffelhuisie gekneus.
Ryp olyfsmeer
Meng: Prosesseer in voedselverwerker tot effens growwe
tekstuur, 1/ ½ ontpitte ryp olywe, 3 eetlepels olyfolie, 3
eetlepels gedreineerde kappertjiesaad, 3 gedreineerde plat
ansjovis filtette , 1 teelepel Italiaanse speserye en 2 knof-
felhuisies.
Geklopte heuning-lemoensmeer
Meng:klits op medium spoed tot sag: 250g sagte margarien
of botter, 3 eetlepels olyfolie, 2 eetlepels heuning, 2 teelepels
lemoenskil.
Bruin-botter glaseersmeer
Meng: 2 eetlepels margarien of botter, 2/3 koppie versier-
suiker, ½ teelepel vanielje geursel, 3-4 eetlepels melk. Verhit
margarien in kastrol oor medium hitte tot ligbruin, laat afkoel.
Roer versiersuiker en vanielje by. Roer melk in tot glad of dun
genoeg om te drup.
Kaneelglaseersel
Meng: ½ koppie versiersuiker en ¼ teelepel fyn kaneel 1 ½
tot 2 teelepels water tot dun genoeg om te drup.